# ‘n Geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsleier Steve Biko is vandag in die Hooggeregshof in Gqeberha heropen – 48 jaar na sy dood in polisie-aanhouding. Die Nasionale Vervolgingsgesag het goedkeuring van die minister van Justisie en Konstitusionele Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, bekom na nuwe getuienis van die Waarheids- en Versoeningskommissie. Dit het onthul dat voormalige polisielede Biko moontlik aangerand het voor sy dood in 1977. Die NVG sê die heropende ondersoek het ten doel om strafregtelike aanspreeklikheid te bepaal en langverwagte geregtigheid vir Biko se familie te bring.
Geregtelike ondersoek na Steve Biko se dood heropen na 48 jaar