# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê cholera-uitbrekings in Afrika neem toe en val saam met herhaalde tekorte aan cholera-entstowwe. Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het aan Biovac toestemming gegee om met kliniese proewe vir sy mondelikse cholera-entstof te begin. Die Afrika-unie se teiken is dat 60-persent van alle roetine-entstowwe wat in Afrika gebruik word, teen 2030 op die vasteland vervaardig moet wees. Motsoaledi sê die regering wil universele toegang tot noodsaaklike medisyne verseker:
Minister Motsoaledi sê cholera-uitbrekings in Afrika val saam met entstoftekorte [KLANK]
ENG MotsoaledionCholera