# Die Raad van Gesondheidsorgfinansierders doen ‘n beroep op die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om duidelikheid te gee oor die toekoms van mediese belastingkrediete voor vandag se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring. Die organisasie waarsku dat die verwydering van belastingkrediete voor die Nasionale Gesondheidsversekering ten volle operasioneel is, mediese skemas onbekostigbaar kan maak vir honderdduisende lae-inkomste Suid-Afrikaners. Katlego Mothudi van die raad sê veranderinge moet geleidelik en duidelik wees om gesondheidsorg bekostigbaar vir almal te hou:
Gesondheidsorgfinansierders vra duidelikheid oor toekoms van mediese belastingkrediete voor begroting [KLANK]
ENG MothudiOnClarity