# Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Revo Spies, het onthul dat baie beamptes nooit behoorlik gekeur is nie. Spies het voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig die Parlement se portefeuljekomitee oor Wetstoepassing het in 2020 en 2021 kommer uitgespreek oor ontbrekende misdaadklarings. Hy sê ondanks ‘n nasionale forumooreenkoms oor klaring vir personeel in uniform, is Ekurhuleni se vingerafdruk-opdrag van 2022 gestaak nadat senior amptenare, insluitend adjunkhoof Julius Mkhwanazi, dit teengestaan het:
Spies ontbloot Ekurhuleni Metropolisie se onreëlmatige keuringsprosesse vir senior amptenare [KLANK]
ENG-SpiesOnVetting2