Skip to content

Duduzile Zuma-Sambudla pleit onskuldig in Hooggeregshof in Durban

# Oud-president Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, het onskuldig gepleit met die aanvang van haar verhoor in die Hooggeregshof in Durban. Sy staan ​​tereg op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld oor sosialemediaplasings tydens die onrus in Julie 2021 na haar pa tronk toe is vir minagting van die hof. Die verhoor sal na verwagting tot die 21ste duur, met ses getuies, waaronder drie sosialemediakundiges. Zuma-Sambudla hou vol die aanklagte is polities gemotiveerd.