# President Cyril Ramaphosa sê ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se reaksie op ongelykheid is om skuldvolhoubaarheid te bevorder, veral vir ontwikkelende ekonomieë. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die rente op soewereine skuldterugbetalings, veral in Afrika, belemmer openbare besteding en ekonomiese groei. Ramaphosa sê Suid-Afrika gebruik sy G20-presidentskap om te pleit vir die hervorming van die globale finansiële argitektuur. Hy doen ‘n beroep op multilaterale ontwikkelingsbanke om as deel van die agenda ongelykheid te verminder.