# Eskom sê drie-duisend-890 megawatt se opwekkingsvermoë sal voor vanaand se spitstyd weer in gebruik geneem word, wat bestendige elektrisiteitsvoorsiening die res van die week sal ondersteun. Tussen 31 Oktober en 6 November vanjaar het die kragverskaffer ‘n gemiddeld van sewe-duisend-961 megawatt in onbeplande onderbrekings ervaar. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is ‘n verbetering van tien-duisend-263 megawatt gedurende dieselfde tydperk verlede jaar:
Eskom gaan meer opwekkingsvermoë in diens stel om netwerkbestendigheid te versterk [KLANK]
ENG DaphneonStability