Skip to content

Duduzile Zuma-Sambudla se saak oor Julie-onluste begin vandag

# Die verhoor van Duduzile Zuma-Sambudla, dogter van oudpresident Jacob Zuma, verskyn na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Durban. Sy staar aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld in die gesig. Die aanklagte hou verband met onluste wat in Julie 2021 in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal uitgebreek het. Meer as 350 mense is in die geweld dood. Zuma-Sambudla hou vol dat sy onskuldig is. Die Staat sal na verwagting oor die volgende twee weke meer as 60 getuies roep.