# ‘n Tweede tifoon in ‘n week storm af op die Filippyne, met inwoners wat gewaarsku word om te vlug voor die dreigende vernietigende winde en lewensgevaarlike stormgetye. Fung-wong volg kort op die hakke van Tifoon Kalmaegi, wat die dood van sowat 200 mense in die sentrale deel van die Filippyne veroorsaak het, asook as vyf mense in Viëtnam. Weervoorspellers waarsku nou die jongste storm kan tot ‘n supertifoon versterk voor dit Sondag die ooskus tref. Volgens Reuters het Fung-wong reeds dele van die streek met swaar reën en wind getref.