# Altesaam 435 akademici van universiteite in die land vra die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, om nie ʼn onafhanklike assessor by die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap aan te stel nie. Die universiteit se raad het die minister se plan verwerp en waarsku die assessor sal bestaande ondersoeke dupliseer en die instelling se reputasie onnodig skend. Die akdemici sê in ʼn brief aan die minister ʼn nasionale administrasie is nodig wat bereid is om die ernstige probleme by alle universiteite te hanteer.
Meer as 400 akademici is gekant teen aanstelling van assessor by Universiteit van Fort Hare