# Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit sê brandbestryders het daarin geslaag om teen gisteraand al vyf brande wat hulle beveg het, onder beheer te bring. Brande is aangemeld in Waterval buite Tulbagh, naby die stortingsterrein buite Wellington, Paarl-vallei, buite Pniël, en in die berge bokant Zolani buite Ashton. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die brand buite Wellington het laat gisteraand weer opgevlam, maar die Drakenstein-munisipaliteit het dit hanteer: