Skip to content

Angelo Agrizzi spring tronkstraf vry in BOSASA-korrupsiesaak

# Bosasa se voormalige bedryfshoof, Angelo Agrizzi, is na ‘n pleit-ooreenkoms tot tien jaar tronkstraf gevonnis, wat weens sy gesondheid in sy geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy het in die Hooggeregshof in Pretoria tereggestaan op aanklagte wat verband hou met ‘n korrupsie- en geldwassery-saak van 1,8-miljard-rand vir die betaling van omkoopgeld aan regeringsamptenare in ruil vir winsgewende kontrakte. Ingevolge die ooreenkoms moet Agrizzi ten volle met ondersoeke saamwerk en in Bosasa-verwante sake getuig. Regter Papi Mosopa het gewaarsku versuim om hieraan te voldoen, sal tot onmiddellike gevangenisstraf lei.