Skip to content

Amerikaanse soldate kry voedselbank-inligting, maar weens regeringstilstand dalk geen salarisse nie

# Nagenoeg 37-duisend Amerikaanse soldate in Duitsland sal moontlik nié hul November-soldy ontvang nie en het inligting oor die voedselbank ontvang. Dit kom te midde van die Amerikaanse regering se stilstand van 37 dae wat die langste ooit is. Die weermag het ook riglyne op sy webwerf geplaas vir soldate in Duitsland om nood-maatskaplike voordele en lenings of hulp van voedselhulporganisasies te bekom. Amerika se minister van vervoer, Sean Duffy, het vroeër ‘n 10 persent vermindering van vlugte by 40 groot Amerikaanse lughawens aangekondig. Lugdienste sê minstens 3,2-miljoen reisigers is reeds geraak.