# Die Randburgse Landdroshof in Gauteng het die aansoek van agt gewese lyfwagte van adjunk-president Paul Mashatile verwerp om 12 aanklagte teen hulle te laat vaar – insluitend aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak teen die lede van die BBP-beskermingseenheid volg op ‘n voorval in Julie 2023 toe ‘n video van die agt geneem is waar hulle twee soldate op die N1 naby Fourways in Johannesburg aangerand het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het hul aansoek om ontslag teengestaan. Die saak is tot Maart uitgestel.
Hof verwerp aansoek deur Mashatile se gewese lyfwagte om aanrandingsklagte te laat vaar