# President Cyril Ramaphosa het vroueleiers wêreldwyd gevra om kennis oor die opheffing van kwesbare gemeenskappe te deel. Hy het die Internasionale Vroueforum se konferensie in Kaapstad toegespreek. Ramaphosa sê kennis vermenigvuldig wanneer dit gedeel word, wat ander bemagtig om te lei en hul stem te laat hoor. Hy het beklemtoon dat wanneer vroue saam lei, hulle instellings hervorm en gemeenskappe van binne herbou, wat blywende globale verandering aandryf. Ramaphosa het gevra vir optrede teen geslagsgeweld:
Vroueleiers aangemoedig om kennis met kwesbare gemeenskappe te deel vir wêreldwye verandering [KLANK]
ENG-RamaphosaOnPotential