Skip to content

Cell C beplan om op die JSE te noteer om bedrywighede te stroomlyn en groei te ondersteun

# Suid-Afrika se derde grootste selfoonoperateur, Cell C, beplan om op die Johannesburgse Aandelebeurs te noteer. Dit word beskryf as ‘n strategiese stap wat daarp gemik is om sy balansstaat te stroomlyn, sy handelsmerkteenwoordigheid te verbeter en sy volgende groeifase te ondersteun. As deel van die notering sal ‘n volfiliaal van Cell C se grootste aandeelhouer, Blu Label Unlimited Group, The Prepaid Company, bestaande aandele deur ‘n private plasing aan kwalifiserende beleggers aanbied. TPC beoog om ongeveer 7,7-miljard-rand in te samel om die maatskappy se uitbreidingsplanne te versterk.