# Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het nuwe inligting gepubliseer oor die Amerikaanse vlugtelingprogram se aansoekproses. Die program is gemik op Afrikaners of lede van ʼn rasse-minderheidsgroep in die land, wat slagoffers is van regeringsondersteunde, rasgebaseerde diskriminasie. Om vir die program te kwalifiseer, moet mense Suid-Afrikaans en ʼn Afrikaner wees, en kan wys dat hulle persoonlike ervaring van vervolging het, of vrees vir vervolging in die toekoms gebaseer op ras, godsdiens, nasionaliteit of politieke standpunt. Amerika sal volgende jaar slegs sewe-duisend-500 vlugtelinge toelaat.
Amerikaanse ambassade in SA gee bygewerkte besonderhede oor aansoeke vir Vlugteling-program