Skip to content

Wes-Kaap ondersoek vermeende bek-en-klouseer-geval weens verskuiwing van beeste

# Die afdeling Veeartsenydienste van die Wes-Kaapse Departement van Landbou het ‘n eiendom in Gouda onder kwarantyn geplaas. Dit volg nadat ‘n boer van die Vrystaat vermoedelike letsels van bek-en-klouseer aangemeld het van beeste wat onlangs uit die Gouda-gebied daarheen vervoer is. Die departement se woordvoerder, Mary James, sê veeartse het tydens die inspeksie seerplekke in die beeste se bekke waargeneem het. Sy sê monsters is geneem en vir laboratoriumtoetse gestuur om te bepaal of dit wel bek-en-klouseer is.