# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die organisasie Operation Dudula verbied om ID’s van privaat persone te eis by gesondheidsinrigtings. Sy lede word verbied om buitelanders te intimideer, te teister of aan te rand, haatspraak te uiter, in te meng met toegang tot gesondheidsorg, skole of sake-ondernemings, of hulle onwettig te verwyder van blyplekke of stalletjies. Die hof het beslis slegs immigrasie-amptenare en polisielede mag identiteitsbevestiging vereis. Die bevel verhoed lede ook om ander aan te por tot sulke optrede op sosiale media of tydens openbare byeenkomste.
Hooggeregshof verbied Operation Dudula om buitelanders te teiken