Skip to content

Top SA kleinhandelaar maak meer winkels oop

# Checkers het aangekondig hy maak nuwe luukse winkels oop wat vir spesifieke gemeenskappe voorsiening maak, onder meer die grootste halaal-Checkers in Suid-Afrika. Shoprite, wat Checkers, Shoprite, Usave en Sixty60 besit, is Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar volgens markkapitalisering, verkope, wins, die aantal werknemers en sy klante-basis. Checkers bedryf meer as drie-duisend-400 winkels in agt lande in Suider-Afrika. Die groep het verlede jaar 281 winkels bygevoeg, waaronder 184 supermarkte. Shoprite se uitvoerende hoof, Pieter Engelbrecht, sê hulle fokus veral op uitbreiding in onderbediende Suid-Afrikaanse gemeenskappe.