Skip to content

Inkomstediens beëindig sy beleid oor werk-van-die-huis-af

# Die Vereniging van Staatsamptenare het bevestig dat kommissaris Edward Kieswetter die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se werk-van-die-huis-af-beleid onttrek het en daarop aandring dat werknemers terugkeer kantoor toe. Die vakbond sê hoewel die SAID geen amptelike beleid hieroor gehad het nie, is dit ingevolge die Werknemer-waardevoorstel toegelaat. Dit is ‘n sambreel van voordele en waardes wat die kommissaris aan werknemers bied in ruil vir hul vaardighede, vermoëns en ervaring. Kieswetter het egter nou die beleid teruggetrek en alle personeel moet van 1 Januarie weer voltyds op kantoor wees.