# Suid-Afrika se grootste privaatskoolgroep, Curro Holdings, wag op goedkeuring van die Mededingingskommissie en die Johannesburgse Aandelebeurs om te denoteer. Dit volg nadat aandeelhouers ‘n uitkoopaanbod van 7,2-miljard-rand van die miljardêr-filantroop Jannie Mouton se stigting aanvaar het. Die transaksie sal na verwagting teen einde vanjaar voltooi wees, waarna Curro ‘n organisasie sonder winsbejag sal word. Die groep is in 1998 gestig en het minstens 180 kampusse met meer as 70-duisend leerders. Die stigting wil langtermyn- maatskaplike uitwerking bo korttermynwinste stel, wat moontlik beurse vir duisende minderbevoorregte kinders kan ontsluit.
SA se grootste privaatskoolgroep denoteer waarskynlik einde vanjaar van JSE