Skip to content

Vyf Duitse klimmers sterf in sneeustorting in die Italiaanse Alpe

# Vyf Duitse klimmers is dood nadat hulle deur ʼn sneeustorting in Italië se Dolomiet-berge getref is. Twee ander is ongedeerd. Volgens owerhede was die bergklimmers wat in aparte groepe was, teen die Cima Vertana in die Ortler-Alpe toe die snelbewegende sneeumassa hulle tref. Die liggame van twee mans en ʼn vrou is Saterdag gevind, terwyl die ander twee slagoffers, ʼn pa en sy 17-jarige dogter, se oorskot gister opgespoor is. Die aantal ongelukke in die Italiaanse Alpe het die afgelope jare toegeneem.