# President Cyril Ramaphosa en die leiers van politieke partye wat in die regering van nasionale eenheid verteenwoordig is, het die naweek by die Cradle Boutique Hotel in Gauteng vergader. Die Presidensie sê die GNU Leaders’ Retreat het ‘n platform gebied vir die politieke leierskap van regerende partye om te besin oor samewerking tussen partye oor die politieke spektrum binne die raamwerk van die verklaring van voorneme na die 2024-verkiesing. Volgens berigte het ‘n beduidende deel van die geslote besprekings gehandel oor die kritieke toestand van plaaslike regering en volgende jaar se verkiesing.
President Ramaphosa hou ‘n geheime vergadering met leiers van politieke partye in die RNE