# Die vakverbond Cosatu het die Departement van Indiensneming en Arbeid se hernude fokus om inspeksies by werksplekke uit te voer, verwelkom. Die departement het vanjaar 10-duisend bykomende arbeidsinspekteurs aangestel en nog 10-duisend word vir volgende jaar beplan. Matthew Parks van Cosatu sê meer as 250-duisend werksplekke is geïnspekteer en meer as 120-duisend oortredings van arbeidswette is aangeteken. Hy vra strenger toepassing, veral in landbou, die bou- en gasvryheidsbedryf:
COSATU verwelkom toename in arbeidsinspeksies en -toepassing [KLANK]
ENG-ParksOnLabour