# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het die besluit van president Donald Trump se Amerikaanse administrasie gekritiseer om wit Afrikaners voorop te stel vir vlugtelingstatus. Die beleid vorm deel van ‘n drastiese verlaging in die Amerikaanse vlugteling-toelatingsperk tot sewe-duisend-500 vir volgende jaar, met die meeste plekke wat vir Afrikaners is. DIRCO se woordvoerder Chrispin Phiri sê die stap is gebaseer op vals bewerings van wit volksmoord en verontagsaam Suid-Afrika se grondwetlike prosesse.
DIRCO kritiseer Trump se vlugtelingbeleid wat wit Afrikaners bevoordeel