# Die vakbondfederasie Saftu vra president Cyril Ramaphosa om dringend ondersoek te laat instel na bewerings van plundering en wanbestuur in die Openbare Beleggingskorporasie. Asive Dyani van Saftu sê indien die bewerings bevestig word, dui dit op ‘n voortdurende patroon van finansiële onreëlmatighede, politieke inmenging en roekelose beleggingsgebruike in ‘n instelling wat verantwoordelik is vir die bestuur van meer as 3,5-duisend-miljard-rand in staatsamptenare se pensioen- en maatskaplike fonds:
Saftu vra dringende ondersoek na bewerings van plundering en wanbestuur in die Openbare Beleggingskorporasie [KLANK]
ENG AsiveonProbe