Skip to content

Maimane sê mosies van wantroue moet gereguleer word

# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê mosies van wantroue word in die Stad Johannesburg misbruik omdat dit nie gereguleer word nie. Burgemeester Dada Morero se vennote in die regering van plaaslike eenheid oorweeg ʼn mosie van wantroue in hom. Maimane sê daar moet ʼn wet op plaaslike regeringsvlak wees wat bepaal politieke partye mag een keer per jaar ʼn mosie van wantroue indien, soortgelyk aan dié in die Nasionale Vergadering.