Skip to content

Trump en Xi kom ooreen om handelsoorlog tussen VSA en China te beëindig

# Die Amerikaanse president Donald Trump en sy Chinese ampsgenoot Xi Jinping het ooreengekom om die handelsoorlog tussen hul lande te beëindig na grootskaalse ontwrigting op wêreldmarkte. Washington sal sommige tariewe verlaag en Beijing het onderneem om voort te gaan met die lewering van kritieke seldsame aardmetale. Trump het sy eerste ontmoeting met Xi in ses jaar as ‘n “groot sukses” beskryf, met die Chinese leier wat sê ‘n “belangrike konsensus” is bereik om die stryd tussen die wêreld se twee top-ekonomieë te beëindig. Trump sê ingevolge die ooreenkoms sal China dadelik sojabone en ander landbouprodukte aankoop.