Skip to content

Inkomstediens versoek R7,6-miljard van die Tesourie, aangesien dit ongeveer 30% onderbefonds is

# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die Nasionale Tesourie vir 7,6-miljard-rand oor die volgende drie jaar gevra. Dit is buiten die bykomende 3,5-miljard-rand wat dit vir die huidige boekjaar ontvang het. Die diens se finansiële hoof, Schalk Human, het aan die Parlement se staande komitee oor Finansies gesê die 7,6-miljard-rand is om die tekort in sy basistoewysing te dek, alle uitstaande geld wat aan die diens verskuldig is volhoubaar in te vorder, en die diens te moderniseer. Die Inkomstediens is in gesprek met die Tesourie oor sy befondsingsmodel, aangesien dit ongeveer 30-persent onderbefonds is.