Skip to content

Duitse regering verhoog minimumloon tot R291 per uur oor die volgende twee jaar

# Die Duitse regering het ‘n verhoging van die minimumloon tot 291-rand per uur goedgekeur, die grootste verhoging sedert die land ‘n dekade gelede minimumlone ingestel het. Die verhoging sal in twee fases plaasvind. Die Minister van Arbeid, Baerbel Bas, sê ses-miljoen werknemers sal merkbaar meer ontvang en maatskappye kan die stygende koste oor twee jaar op ‘n verantwoordelike manier versprei. ‘n Onafhanklike kommissie wat bestaan uit ekonome, vakbondleiers en verteenwoordigers van sake- en werkgewersgroepe, het in Junie die twee-fase verhoging aanbeveel.