Skip to content

Rooi Kruis sê Orkaan Melissa is ‘n ramp van ongekende omvang

# Die Rooi Kruis sê vroeë aanduidings is dat Orkaan Melissa in die Karibiese Eilande ‘n ramp van ongekende omvang is. Alexander Pendry van die Britse Rooi Kruis sê nuus word ontvang dat hele gemeenskappe onder water is en sterk wind verwoesting gesaai het. Noodspanne mobiliseer reg oor die streek terwyl Melissa sy pad van verwoesting deur Kuba, die Dominikaanse Republiek en Haïti voortsit. Pendry verduidelik die onmiddellike noodsaaklikhede is soek-en-reddingspogings en om te verseker mense het toegang tot gesondheidsorg, veilige skuiling, skoon water, voedsel en ander noodsaaklike voorrade.