# Brigadier Lesiba Mokoena van die Valke het aan die Madlanga-kommissie gesê dat hy slegs twee offisiere, kaptein Barry Kruger en ‘n kollega, gemagtig het om na sakeman Katiso “KT” Molefe se Sandhurst-eiendom te gaan om berigte van vals Valke-offisiere te verifieer. Hy is die tweede getuie wat vandag getuig oor die Desember-inhegtenisneming van Molefe. Mokoena, wat as afdelingshoof in die Taktiese Operasionele Bestuursafdeling dien, sê enige bykomende Valke-lede wat op die toneel aangekom het, het nie van hom opdragte ontvang nie:
Bykomende Valke-lede by Molefe se woning het buite Mokoena se opdragte opgetree [KLANK]
ENG MokoenaOnAuthorisation