# Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes-Benz het ‘n daling van 30,8-persent in netto wins aangekondig, weens swak verkope in China en ook die Amerikaanse tariewe. Die maatskappy het in Julie sy vooruitsigte vir die jaar verlaag nadat die Amerikaanse president Donald Trump sy tariefaanslag begin het. Mercedes-Benz verwag dat inkomste vir 2025 “aansienlik laer” sal wees as die vorige jaar. Motoruitvoere uit die Europese Unie is onderhewig aan ‘n tarief van 15-persent ingevolge ‘n EU-VSA-ooreenkoms wat laat in Julie aangekondig is. Dit is laer as 27,5-persent, maar veel hoër as die 2,5-persent voordat Trump in April sy handelsoorlog begin het.
Mercedez-Benz netto wins daal met 30,8% in derde kwartaal weens swak verkope in China, Amerikaanse tariewe
