# Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies is, en die Ivoorkus se 83-jarige Alassane Ouattara verteenwoordig verouderde magstrukture wat deur Frankryk gesteun word. Baloyi doen ‘n beroep op die AU om te verseker dat toekomstige verkiesings vry en regverdig is:
Afrika Mayibuye-beweging beskuldig Frankryk van verkiesingmanipulering in Kameroen en Ivoorkus [KLANK]
ENG BaloyiOnOldLeaders