# ‘n Een-veertig-jarige Amerikaanse burger wat gesoek word vir ontvoering is Sondag op Kanoneiland in die Noord-Kaap in hegtenis geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Omphile Masegela, sê Interpol het saam met die Kanoneiland-polisie gewerk nadat hulle die man, wat gesoek word vir verskeie sake in die VSA, opgespoor het. Die verdagte is op ‘n plaas indie omgewing ontdek en sal na verwagting binnekort uitgelewer word.
Amerikaanse burger in Noord-Kaap gearresteer weens ontvoering, word moontlik uitgelewer
