# Die president van Kameroen, Paul Biya, is vir ‘n agtste termyn herkies sedert sy bewind in 1982 begin het. Die Konstitusionele Raad het die 92-jarige amptelik as die wenner verklaar. Biya, wat nou die wêreld se oudste president is, het presidensiële termynbeperkings in 2008 geskrap en het aanhoudend herverkiesings gewen. Sy hoofuitdager, Issa Tchiroma Bakary, het wel beduidende steun gekry, maar kon nie daarin geslaag om Afrika se langsdienende leier uit die kussings te lig nie. Biya is nou al vir langer as vier dekades in die amp.
Wêreld se oudste president, 92-jarige Paul Biya van Kameroen, wen herverkiesing
