# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het in Japan aangekom as deel van sy toer in Asië. Die toer kan lei tot die beëindiging van die vernietende handelsoorlog tussen hom en sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping. Trump het aan boord Air Force One gesê hy is hoopvol dat hy ‘n ooreenkoms met Xi kan bereik wanneer hulle Donderdag ontmoet. Hy is ook bereid om sy reis te verleng om die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-un, te ontmoet. Trump sal na verwagting môre die nuwe Japanse eerste minister, Sanae Takaichi, ontmoet.
Trump ontmoet Xi Donderdag en sal toer verleng om Kim te ontmoet