# Die regering het Qhawekazi Mazaleni gelukgewens met haar kroning as Mej. Suid-Afrika 2025 gister tydens ‘n spoggeleentheid in Pretoria. Die woordvoerder, William Baloyi, sê op die jong ouderdom van 24 het die Oos-Kaapse skoonheid en jeugambassadeur die nasie trots gemaak met haar merkwaardige prestasie. Hy sê die regering wens Mazaleni alles van die beste toe met die begin van haar termyn waartydens sy steeds jong vroue sal inspireer om hul drome na te jaag en positief tot die samelewing by te dra: