# Motorsport: Duisende motorren-geesdriftiges word verwag om vandag na die eerste Speed Classic Cape Town te stroom, wat die stad se geskiedkundige heuwelren-tradisie op Philip Kgosana-rylaan gaan laat herleef. Tafelberg is vandag die gasheer vir klassieke motor-wedrenne, met meer as 70 seldsame en ikoniese voertuie, insluitend ‘n 1930 Bentley 4.5L, wat teenwoordig gaan wees. Môre kom die moderne supermotors aan die beurt met die “Koning van die Berg”-wedren. Geleentheidsdirekteur Garth Mackintosh sê die doel is om die Speed Classic ‘n jaarlikse tradisie te maak. Die publiek word herinner aan verskeie padsluitings tydens die geleentheid.