# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die ANC se onlangse verdediging van swartbemagtiging, is ‘n powere poging om sy laaste politieke vesting te beskerm. Die vereniging sê die ANC se bewerings dat die beleid vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede bemagtig, is onwaar. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gerhard Papenfus, sê die ANC weier om te erken die beleid is ‘n mislukte stelsel wat slegs ‘n klein groepie polities-verbonde individue verryk. Papenfus meen die beleid vererger ongelykheid, vernietig staatsinstellings en verdryf beleggers.