Skip to content

Aandelemarkte verstewig na bevestiging van ‘n vergadering tussen Trump en Xi

# Die meeste aandelemarkte het vandag versterk nadat die Withuis bevestig het die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan volgende week met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, vergader – ‘n aanduiding dat handelspanning kan afneem. Oliepryse het die afgelope twee dae gestyg nadat Washington sanksies teen twee Russiese ru-oliereuse ingestel het in ‘n poging om die oorlog in Oekraïene te probeer beëindig. Aandele het ‘n ontstuimige tydperk beleef nadat Trump twee weke gelede nuwe vrese oor ‘n handelsoorlog aangewakker het deur te dreig om Beijing met 100-persent-tariewe te belas.