Skip to content

Spoorwegveiligheidsreguleerder rapporteer 7%-afname in voorvalle, maar toename in beserings

# Die Veiligheidsreguleerder van die Spoorweë het nege-duisend-200 veiligheidsverwante voorvalle in sy 2024/25-verslag aangeteken, ‘n afname van 7,2-persent teenoor verlede jaar. Sterftes het tot 81 gedaal, die laagste in vyf jaar, maar beserings het tot 336 gestyg, die hoogste vir dieselfde tydperk. Die reguleerder sê operasionele voorvalle, wat met byna elf-persent gestyg het, is veroorsaak deur die verval van die infrastruktuur en sinjaalmislukkings. Sekuriteitsvoorvalle het 70-persent van die verslae verteenwoordig, met die meeste in KwaZulu-Natal Die uitvoerende hoof, Brian Monakali, vra vir dringende samewerking en belegging om spoorveiligheid te verbeter.