# Die Universiteit van die Witwatersrand is gekies as een van 15 spanne wêreldwyd om befondsing te kry van die Bezos Aardfonds se Kunsmatige Intelligensie vir Klimaat en Natuur Uitdaging. Dis in 2024 bekend gestel met die uitdaging om die krag van KI te gebruik om die dubbele krisis van klimaatverandering en verlies aan biodiversiteit te takel. Wits het 31,1-miljoen-rand ter befondsing van sy Creating FineCas, KI-gedrewe toerusting vir weervoorspelling in Afrika ontvang om die akkuraatheid en lokalisering van weervoorspellings te verbeter. Die 15 wenprojekte is uit vyf vastelande.
Wits ontvang R31,1-miljoen van Bezos Aardfonds vir klimaatprojek