# Die Africa CSO G20-netwerk vir klimaat, energie en volhoubare finansiering eis dringende optrede na die bekendmaking van die tweede Global Tipping Points-verslag. Daarvolgens het die wêreld reeds die eerste groot klimaat-keerpunt verbygesteek met die wydverspreide agteruitgang van warmwater-koraalriwwe. Die ACG20 sê drie onmiddellike, nie-onderhandelbare stappe is nodig: sterker bekampingspogings, ʼn reuse-styging in die finansiering vir klimaataanpassing, en die stigting van ʼn funksionerende skade-instelling wat vergoeding voorsien vir die onherstelbare skade wat reeds plaasgevind het.
Burgerlike Afrika-organisasies bekommerd oor wydverspreide agteruitgang van koraalriwwe