Skip to content

Seriti Green sê die 2025 Geïntegreerde Hulpbronprogram is ’n stap vorentoe

# Die hernubare energie-maatskappy Seriti Green verwelkom die bygewerkte 2025 Geïntegreerde Hulpbronprogram en sê dis ʼn groot stap vorentoe. Die program verwag sowat 2,2-duisend-miljard-rand se nuwe beleggings in die energiesektor. Dit sal na verwagting daartoe lei dat windkrag sal toeneem van agt- tot 24-persent teen 2039. Steenkool bly die hoofbron van krag op 27-persent van Suid-Afrika se elektrisiteitsvermoë. Seriti Green se uitvoerende hoof, Peter Venn, sê windprojekte neem nege jaar om op die netwerk te kom en daarom moet die regering dit gouer aan die gang kry.