Skip to content

Getuie A sê die taakspan vir politieke moorde het by Armand Swart-saak aangesluit nadat ondersoekbeamptes onder 24-uur-beskerming geplaas is [KLANK]

# Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die taakspan vir politieke moorde het slegs by die ondersoek na die moord op die ingenieur Armand Swart aangesluit nadat hy en sy kollega, Getuie B, onder 24-uur-beskerming geplaas is. Hy sê hulle veiligheid is deur Misdaadintelligensie oorgeneem. Getuie A het bygevoeg die verskuiwing na veilige huise het hulle lewens heeltemal verander, aangesien hulle nie meer huis toe kon gaan of normaal kon leef terwyl hulle onder streng sekerheidsmaatreëls was nie:

ENG WitnessAOnSafety