Skip to content

Sewe mense doodgeskiet in Philippi-Oos, polisie stuur klopjag van stapel

# Die polisie in die Wes-Kaap het ‘n reuse-klopjag van stapel gestuur nadat sewe mans, tussen 20 en 30 jaar oud, gisteraand op Road 53, Better Life, in Philippi-Oos doodgeskiet is. Speurders van die Provinsiale Eenheid vir Ernstige en Geweldsmisdade ondersoek die aanval. Die motief is nog onduidelik. Provinsiale Kommissaris Thembisile Patekile het die moorde veroordeel en die publiek versoek om inligting met die polisie op Crime Stop of die MySAPS-app te deel.