Skip to content

Nat naweek vir grootste gedeelte van land maar Wes-Kaap bly droog

# ‘n Geel vlak twee-waarskuwing is vandag vir Noordwes uitgereik, met swaar reën wat tot oorstromings kan lei. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê verspreide buie en donderbuie word die naweek oor die sentrale binneland, Vrystaat en Noord-Kaap verwag, terwyl die Wes-Kaap en ander suidelike en westelike gebiede waarskynlik droog en warm sal bly. Inwoners in die gebiede waar gure weer verwag word,  word versoek om voorsorgmaatreëls te tref en bedag te wees vir skielike oorstromings.