# Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, het nie-voorlopige belastingbetalers aangespoor om hulle jaarlikse inkomstebelastingopgawes teen Maandag in te dien. Sewe-komma-nege-miljoen belastingbetalers het tot dusver opgawes ingedien, terwyl meer as 850-duisend steeds uitstaande is. Kieswetter het gewaarsku dat versuim om in te dien ‘n ernstige oortreding is, wat boetes en rente tot gevolg het. Hy het belastingbetalers wat vroeg ingedien het geprys en gesê voldoening versterk openbare dienste. Hy spoor mense aan om nou in te dien ten einde foute en vertragings te vermy.
SAID herinner belastingbetalers aan die 20 Oktober-indieningsdatum